Lewe is jou onderdompel in die stroom,
pak wat jy pak kan,
kies tussen ryp en groen
en uiteindelik met iets agterbly
dat 'n eie lewe lei
en tog iets van jouself is.